Hierdie portret is ’n visuele metafoor vir die gelyktydige chaos en skoonheid van die mensdom. Die vernietigende krag van bleikmiddel wat die donker ink wegvreet, weerspieël ons foute en die swaarkry wat ons skep. Tog is dit juis hierdie chaos wat die ryk, goue skakerings en die lig in die gesig na vore bring. Die fyn swart en wit penlyne bo-oor wys die skoonheid van die mens en hoe ons probeer om orde en sagtheid te vind te midde van die geraas.